Spanning en angs is deel van baie mense se lewe. Mense voel oorwerk, moeg en is soms moedeloos oor hul alledaagse omstandighede. Die Bybel leer ons waar om ware rus en vrede te kry. In Matteus 11:28 nooi Jesus elkeen van ons uit: Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal vir julle rus gee …
Mense wat Jesus volg, het die waarborg van sy vrede in hul lewe.
Liefde, vreugde, vrede ... so begin die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22). God is liefde, maar ook die bron van vreugde en daarom kan ons te midde van ’n stukkende wêreld lewensvreugde ervaar (Johannes 15:10, 11). Jy mag dalk vra: lewensvreugde of ongekende blydskap vandag? Miskien is jou omstandighede op die oomblik so donker dat vreugde vir jou soos wensdenkery voel!
Ware vreugde lê egter nie in onmiddellike omstandighede nie, maar in ’n diepgewortelde verhouding met ons Here. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: wees bly! ... Die Here is naby” (Filemon 4:4, 5). Ons Here is nie ver nie, Hy is by jou, nou en elke oomblik. Vind jou vreugde in Hom. Galasiërs 5:22
God is liefde. In 1 Johannes 4:10 staan: “Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”
Uit Hom wat die bron van liefde is, vloei ons liefde vir ander voort. Liefde is ’n werkwoord wat God in jou hart plant om die mense om jou se lewe te verryk. Liefde is geduldig, vriendelik, nederig, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie eie belang nie, is nie liggeraak nie en hou nie boek van die kwaad nie (kyk 1 Korintiërs 13). Lê jou daarop toe om in God se liefde te leef en dit uit te leef.
Mag hierdie vrug ’n realiteit in jou lewe wees.
Elkeen van ons is ’n klank. Die vraag is: speel jy in God se orkes? In hierdie orkes moet verskillende instrumente in harmonie speel om pragtige musiek te maak. Elkeen van ons het verskillende gawes gekry (kyk 1 Korintiërs 12:4-7). Dit word deur die Gees van God aan ons gegee sodat ons dit tot opbou en voordeel van ander sal gebruik. Dit is wat ons met Pinkster vier. Mag ons onder die leiding van die Gees in God se simfonie speel.
God is liefde: “Hierin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dit: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes” (1 Johannes 4:9-10). Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is, was gerig op sy vyande wat Hom haat:
Daarna spreek Hy ’n geharde sondaar vry:
In sy derde kruiswoord rig ons Here Hom tot sy naby geloofsfamilie wat swaarkry. Ons sien in ons geestesoog Jesus se ma, ’n paar ander vroue en Johannes daar voor die kruis - al sy ander dissipels het Hom in die steek gelaat en gevlug! Hulle is stukkend en verward. Dan hoor ons Jesus met sy ma en Johannes praat:
Deur hierdie verbintenis praat Jesus ook vandag nog met my en met jou: ons is ’n geloofsfamilie wat mekaar nodig het. Ons moet mekaar liefhê en opreg vir mekaar omgee. Wat ’n voorreg om in hierdie Paastyd opnuut weer te besef dat ons Here ons deel gemaak het van ’n geloofsfamilie in die kerk waar jy is. Dank Hom daarvoor!
Drie kruise op Golgota-koppie. Drie kruiselinge in gesprek te midde van onmenslike pyn van mishandeling. Aan die buitekant twee gruwelike politieke misdadigers - van die laagste tipe in die samelewing. Eers spot hulle al twee met die middelste kruis. Die middelste kruis swyg.
Skielik verander die een misdadiger se gesprek soos handomkeer. ’n Belydenis volg: Hy, aan die middelste kruis gespyker, is onskuldig! Dan ’n gebed: “Jesus, dink aan my wanneer U in die koninkryk kom.” Onbeskryflik klink die woorde van die Verlosser: “Ek verseker jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43). Voel jy dalk soms ook so laag, vuil en sondig soos die misdadiger aan die kruis? Geen sonde is te groot om vergewe te word nie! Bely jou sonde eerlik teenoor jou Verlosser en glo die verklaring van Hom wat aan die middelste kruis vir jou gesterf het: Vandag, saam met My in die paradys! Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie! (Lukas 23:34). Dit was Jesus se eerste woorde nadat Hy aan die kruis vasgespyker is. Aangrypend! Ons Here bid nie eerste vir Homself vir krag of uitkoms nie – dit volg later ... Hy begin by wat vir Hom die heel kosbaarste van alles is, naamlik hulle wat aan Hom behoort, sy kinders. Vergewe hulle ... ja, vergewe óns, want moes Jesus nie vir óns sonde kom betaal het deur aan ’n vervloekte kruis te kom sterf het nie? Dink daaraan waar ons die Paastyd nou binnegaan: Sy liggaam is gebreek ... sy bloed het gevloei tot volkome versoening (vergewing) van al ons sonde. Dankie Here, dat ek mag glo aan die vergewing van sonde.
|
Argief
November 2017
|