Het jy al gehoor van ’n interrobang? Dis die eerste leesteken in eeue wat by Engels as taal gevoeg is. Luister wat sê Douglas Witherop in sy boek Interrobang Preaching:
Witherop sê verder dat Jesus tegelyk klaarheid én misterie is. Hy is die vraag sowel as die antwoord. Hy is die ontdekking, sowel as die rigtingwyser na die ontdekking. Jesus vul jou met lewensasem en terselfdertyd slaan hy jou asem weg.
As ons Jesus ontdek, neem Hy ons op die reis van ’n leeftyd (2 Korintiërs 2:14-16)! Jesus Christus skenk aan elkeen wat Hom volg genadegawes. Die doel daarvan is om elkeen toe te rus vir die dienswerk wat gedoen moet word (Efesiërs 4:11-13). In 1 Korintiërs 12:4-7 staan daar:
Moet nie hierdie geskenk uit God se hand mors nie. Gebruik dit in opdrag van die Here om ander te dien én jy sal die kragtige werkinge van God in jou lewe ervaar!
Dalk voel jy ook nou ver van God? Ook Christene raak maklik moedeloos omdat ons in ons huidige situasie vaskyk. Ons sien nie God se volle prentjie vir ons lewe nie. Luister na Paulus se woorde aan Timoteus: Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat God jou gegee het weer moet aanblaas (2 Timoteus 1:6). Hoe kry ons dit reg om die vuur in ons weer aan te blaas? Staan ’n oomblik terug en kom opnuut onder die indruk van die evangelie van hoop en God se diepgewortelde genade in jou lewe. |
Argief
November 2017
|