Daar is baie “mekaar”-tekste in die Nuwe Testament. Vir Jesus is gelowiges se onderlinge verhoudings verskriklik belangrik. Luister wat sê hy in Johannes 13:34 en 35:
Ons verhoudinge is soos ’n vuur wat uit verskeie stompe en takke bestaan. As mens een stomp uit die vuur haal dan gebeur daar ’n paar opmerklike dinge. Die stomp hou op om hitte te bied en word self koud. Die stomp hou ook op om lig te bied en begin te rook.
Gee dus ag op Jesus se nuwe gebod: Ons moet mekaar opreg liefhê. Party dae voel dit of dinge net te veel raak. Die hooi op jou vurk is te veel of dalk het jy slegte nuus gekry. Indien jy vandag so voel, luister na Jesus se woorde aan jou in Matteus 11:28-30:
Neem hierdie woorde ernstig op, want by die Here sal jy die genade, krag en rus vind wat jy nodig het. Hy is getrou!
Die Leeus se rugbyspan het die afgelope Saterdag in die halfeindstryd teen die Hurricanes gespeel. Aanvanklik het dit gelyk of hulle gaan verloor, maar toe het hulle uiteindelik gewys wie is baas. In die lewe is daar baie terugslae wat jou soms kan laat voel jy speel in ’n verloorspan. In hierdie oomblikke is dit belangrik om te begryp wie Jesus is, want elke volger van Hom is deel van die wenspan. Luister bietjie na wat Jesus vir Petrus sê:
Jesus het opgestaan en Hy regeer! Begryp dit en leef in daardie hoop, ook in donker tye.
Ons het die voorreg om te mag bid. Ons het ook die sekerheid dat ons Vader ons harte en gedagtes ken. Tog wil Hy steeds hê dat jy jou hele hart met Hom deel - selfs daardie dinge waaroor jy skaam kry of wat jy nie wil erken nie, dit moet jy ook met hom deel:
Deel jou vreugdes en blydskap met God, maar deel ook jou swaarkry, jou worsteling en jou sondes met Hom. Leef biddend in alle opregtheid en eerlikheid met die verwagting en sekerheid dat God se vrede oor jou sal kom.
In Johannes 17:18 lees ons hoe elkeen van ons na die wêreld gestuur word:
Jy is ’n gestuurde en daardeur het jy alles wat nodig is om as ’n gestuurde mense te bedien (kyk 2 Petrus 1:3).
Jou eerste opdrag as gestuurde is om te bid vir hulle na wie jy gestuur word. Bid dus dat die Gees in die mense om jou sal werk. Word jy ook soms moedeloos as jy al lank vir ’n spesifieke saak of mens bid, maar geen uitkoms of verandering sien nie. In Lukas 18:1-6 vertel Jesus ’n gelykenis wat dit juis behandel. Hy vertel van ’n onregverdige regter wat tog maar ag slaan op die herhaalde versoeke van ’n weduwee. Lukas vergelyk God wat regverdig is en ag slaan op mense met hierdie regter:
Moet nie moedeloos raak nie, maar hou aan om tot God te bid.
Wonder jy ook wat om vandag te bid? Luister wat skryf Paulus vir jou…
Bid dus vir al hierdie mense…
Efesiërs 3:14-21 is ‘n aangrypende gebed vir geestelike krag. Die hoofsin van hierdie hele gebed kom neer op: “Here, maak my innerlik sterk.” Lees hierdie gebed vandag en sit jou eie naam daar in.
Mag jy vandag, en elke dag geestelike krag kry om innerlik sterk te wees.
God wil dat ons Hom intiem ken vir wie Hy is. Bid saam met Paulus van ouds dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan jou wysheid gee en Hom so aan jou openbaar dat jy Hom werklik kan ken.
Bid dat Hy jou geestesoë so verhelder dat jy kan weet watter hoop sy roeping vir jou inhou. Bid hierdie gebed vir jouself, jou geliefdes en ’n stukkende wêreld wat smag na hoop. Het jy al daaraan gedink dat Jesus se ouers voor sy geboorte vir hom gebid het? As klein seuntjie het hulle ook vir hom gebid, saam met hom gebid en hom geleer hoe om te bid. Net soos gelowige ouers vandag ook sou doen. As volwassene is Jesus die een wat ons leer bid:
|
Argief
November 2017
|