![]() ’n Mens kan baie dinge oor Suid-Afrika sê, maar dat dit vervelig is, is nie een daarvan nie. Ons sien hoe die parlement in chaos verval, hoe korrupsie onder ons leiers nuwe vlakke bereik en hoe mense in opstand begin kom teen swak dienslewering. In sulke omstandighede verval mense soms in moedeloosheid. Nou kan ons vra, hoe moet gelowiges reageer in sulke tye? Die antwoord is, met hoop! Ons weet mos dat Jesus met ons op pad is en dat daar ’n wonderlike toekoms vir ons wag. Dit is juis wanneer die wêreld in sak en as sit dat ons ’n geleentheid het om Jesus se lig die helderste te laat skyn. Petrus skryf ook aan ons:
Comments are closed.
|
Argief
November 2017
|