'n Vriendelike herinnering aan die jeug-aksie van Vrydag 10 Mei om 17:00 by die kerk. Ons gaan heerlike worsbroodjies braai. Daarna gaan gr.R -6 'n fliek kyk in die saal en gr.7-12 rugby op Loftus. 'n Rugby-kaartjie is R50 en ouers is ook baie welkom. Dis belangrik om voor Donderdag by Stoffel Labuschagne te RSVP - vir beide aksies. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
0 Comments
Ons nooi graag die vyf- tot sesjarige kinders saam met hulle ouers om sondag 'n Huisgeloof gesprek by te woon - die gesprek gaan oor gebedsritmes en 'n veilige gebedspmgewing... Dit begin om 11:30 in die saal. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Onthou dat daar op Goeie Vrydag 'n diens om 08:00 is. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
A Potrait of Marriage Chris De Beer bied hierdie geleentheid aan. Dit is vir mense wat op pad is om te trou, jonk- en oudgetroudes. Datums: 12 Mei, 9 Junie (en een wat deur die groep self bepaal sal word) Tyd: 15:00-17:00 Plek: Brooklyn Koste: R200 per paartjie Kontak hom gerus as jy navrae het. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Donderdagaand om 19:00 is daar 'n byeenkoms in die moederskamer vir alle nuwe intrekkers. As jy dit wil bywoon, rsvp sommer op hierdie post. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Onthou dat daar op goeie Vrydag 'n diens om 08:00 is. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Elkeen van ons het 'n wêreldbeskouing of ons dit wil erken of nie. Maar hoe weet jy, jy het die regte een en hoe bepaal jy watter een is reg? Ons gaan vanaand om 19:00 in die moederskamer oor wêreldbeskouings gesels. Kom sluit gerus aan om meer hieroor te leer. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Onthou dat eerskomende sondag se oggenddiens 'n gesinsdiens is. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Indië Die regerende party verskerp sy aktiwiteite in noordoostelike Indië. In sommige distrikte word die openbare verkondiging van die evangelie beperk en Christene word openlik op sosiale media gekritiseer. Bid vir wysheid en dapperheid vir Christene wanneer hulle die evangelie versprei. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Indië Vroue en meisies in Indië is onderworpe aan molestering, verkragting, fisieke en verbale mishandeling; poging tot moord; druk om aan Hindoe-rituele deel te neem; isolasie en uitsetting van hul huise en dorpies. Bid vir God se hand van beskerming om oor Christenvroue te wees, wat dubbeld kwesbaar is weens hul geslag en geloof. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |