Die biltongfees is vinning aan die kom... Het jy al 'n tafel bespreek, of 'n plekkie op iemand se tafel bespreek? Kontak gerus die kerkkantoor vir meer inligting. via Brooklyn-gemeente https://ift.tt/1WoUt56
1 Comment
Onthou dat daar Sondagoggend gesinsdiens is - en na die diens is daar 'n Huisgeloof geleentheid vir graad 3's & 4's en hulle ouers. via Brooklyn-gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Nigerië Baie Christene is vermoor of ontwortel deur die geweld van die Moslem Fulani-veewagters. Bid vir God se ingryping in hierdie gruwelike situasie en vir wysheid vir die internasionale gemeenskap in die gesprekke met die Nigeriese regering oor hierdie saak. Die state van Wes-Afrika se hof van justisie het die Nigeriese regering beveel om die geweld wat in 2016 in die Middelbelt plaasgevind het, te ondersoek. Bid dat hierdie beslissing sal help om ’n proses te begin wat ’n einde sal bring aan die geweld in die Middelbelt. via Brooklyn-gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Wil jy graag leer hoe om Zoeloe te praat? Op Woensdagaand 10 Julie om 19:00 kan jy met 'n 16-les-kursus begin. Dit word by GK Brooklyn se pastorie aangebied. Die koste beloop R3500, maar die eerste les is gratis. Vra gerus as jy meer inligting wil hê. via Brooklyn-gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Ondersteun Mootkamp Soos meeste seker weet is Mootkamp ‘n skoolverlaterskamp vir Gr 10-12 leerders. Hierdie kamp het al ‘n baie groot impak op vele van ons lidmate en hulle kinders se lewens gehad! Dit is ‘n wonderlike geleentheid vir geloofsgroei en om geloofsvriende te maak. Dit raak egter bitter moeilik om so kamp aan te bied uit ‘n finansiële oogpunt. Die kampgelde wat die kinders betaal (R850) dek net hulle verblyf. Die kos, kombuishuur en ander aktiwiteite se kostes moet elders ingesamel word. Hiermee wil ons graag ‘n beroep doen op elkeen wat al die waarde van Mootkamp besef het, of bloot net as jy wil belê in ons jeug se toekoms om ons te ondersteun en hierdie kamp moontlik te maak. Jy kan op enige van die volgende maniere ‘n bydrae lewer: Borg ‘n Skoolverlater of Groepleier (R850/R950) Gee enige kontant bydrae Skenkings van vleis, melk, eiers, groente, brood of enige ander kos sal baie waardeer word! Verder vra ons ook asb dat elkeen sa bid vir die kamp. Bid dat die Here die regte persone stuur. Bid vir wysheid en krag vir die groepleiers, bestuur en predikante wat die kamp lei. Bid bowenal dat dit ‘n geleentheid sal wees waar ons Here se naam verheerlik sal word... Bankbesonderhede: MOOTKAMP FNB Tjekrekening 62470222680 252 045 Kontak Finansies: Mandelie Rheeders 076 859 9595 Kos: Janke Mulder 071 631 5121 via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Vrydagaand is dit weer ons jaarlikse Kerrie-en-Sjerrie aand. Daar is nog kaartjies beskikbaar teen R80 vir volwassenes, studente en hoërskoolleerders en R30 vir laerskoolleerders. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Vanaand by dissipelskapkafee praat Wina Cameron met ons oor die Tussen-Testamentiese tydperk. Kom gesels gerus saam. Dit begin om 19:00 in die saal. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Sondagaand is dit Kaalvoetkerk. Bring asb skoene wat jy nie meer wil gebruik nie - en kom kaalvoet kerk toe. Jou voete gaan sekerlik koud kry, maar dis die idee. Moet asb nie stukkende skoene bring wat niemand meer kan gebruik nie. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Vanaand by dissipelskapkafee gaan Louis de Klerk met ons gesels oor die hofsaak teen die NG kerk oor haar besluit oor selfde-geslagverhoudings. Dit begin 19:00 in die kerksaal. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |