Voorbidding: AFRIKA Geopende Deure staan langs die Kerk in Afrika deur verskeie tipes dissipelskap en sosio-ekonomiese opheffing. Bid asseblief vir krag vir al die wat betrokke is in hierdie werk. Dit is nie maklik nie… “Ek wil he dat Hy my meer moet gebruik, so ek benodig gebed om my te help om areas te bereik wat ek nog nie het nie,” het een van ons vennote gese. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Nagmaal is Sondag 3 Maart en almal word hartlik uitgenooi na die Nagmaalete by die kerk! Bring asb jou eie braaivleis (en 'n ekstra porsie vir 'n student of twee), eetgerei en drinkgoed. Bring ook asb ‘n slaai en ‘n gesmeerde broodjie vir die gemeenskaplike tafel. Agapé voorsien heerlike nagereg! Vure sal teen 11:00 aangesteek wees." via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Sentraal-Afrikaanse Republiek Voortdurende rebelse aktiwiteite en struikrowery maak kerkbediening moeilik en daarom ervaar Christene vreeslike geweld en intimidasie. Bid dat namate Christene God in sulke beproewende omstandighede aanbid, hulle so versigtig soos slange en so opreg soos duiwe sal wees. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Onthou ons het Saterdag 23 Feb 'n gemeente-kenmekaar. Ons gaan lekker braai van dit skop 14:00 af. Vure, braaigeriewe, knoffelbrood en mengelslaai word verskaf - Bring asb jou eie vleis en drinkgoed. Die rugby sal uitgesaai word. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Voorbidding: Mexiko Kriminele groepe eis geld van Christene in ruil vir die reg om in sekere gebiede te kan bedien. Indien hulle weier, kan hulle of hul familielede slagoffers van uitbuiting of fisieke geweld word. Bid vir wysheid, leiding en beskerming vir Christene in Mexiko. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Frikkie Mulder kom vanaand 19:00, en 25 Februarie by die Dissipelskapkafee oor die Heidelbergse Kategismus gesels. Hy het ’n meestersgraad oor vraag 80 van die Heidelbergse Kategismus gedoen, en doen graag voorleggings by navorsingskongresse oor Calvyn - nasionaal en internasionaal. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Voorbidding: Marokko In Marokko ontmoet plaaslike Christene in huise omdat hulle nie toestemming en amptelike erkenning kan kry om in die openbaar bymekaar te kom nie. Die owerhede monitor hulle ook en hulle waag vervolging as hulle evangeliseer. Bid vir wysheid en leiding vir Christene in hierdie land. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Onthou: Alle eerstejaars word genooi om op 9 Februarie die eerstejaarsdag by te woon. Ons gaan lekker braai by die LC. Kontak Juventus Studente vir info. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
Voorbidding: Maledive Maledive het ’n nuwe president. Dit kom ná pres. Yameen se nederlaag tydens die algemene verkiesing in September verlede jaar. Bid dat God die nuwe president sal gebruik om verandering teweeg te bring wat die mense sal bevoordeel en meer godsdiensvryheid sal toelaat. via Brooklyn-Gemeente http://bit.ly/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |