Voorbidding: Verenigde Arabiese Emirate Die wette van die Verenigde Arabiese Emirate herken nie bekerings vanaf Islam tot Christenskap nie en die wetlike straf hiervoor is die dood. Bid dat gelowiges wat versigtig is in die onthulling van hul geloof, nie ontdek sal word gedurende Ramadaan nie. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Oman Baie tradisionele Omane neem die maand van Ramadaan baie ernstig op, met baie wat probeer om die hele Koran gedurende hierdie tyd te lees. Bid dat terwyl hulle groot toewyding bewys, die Here hul oë sal oopmaak vir die waarheid en saligmaking deur Jesus alleen. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Ramadan begin wêreldwyd Moslems wêreldwyd sal Ramadan eerbiedig vanaf 27 Mei to 24 Junie. Bid dat terwyl Moslems bid en die Koran meer lees gedurende hierdie tyd, die Here Homself aan hulle sal openbaar namate hulle ’n soeke het om tot God te nader. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Meksiko Meksiko is een van die mees gewelddadige lande ter wêreld weens kriminele bendes. Bid vir die beskerming van Christene, wat as ’n bedreiging gesien word deur hierdie misdadigers, omdat die Christene daadwerklik betrokke is in die herskepping van gemeenskappe. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Egipte Bid vir die beskerming van honderde Christene van Al-Arish, wat gedwing is om hul huise, winkels en besittings te verlaat om beskerming en veiligheid vir hul families te soek, nadat hulle oor die afgelope twee maande die dood van sewe Christene aanskou het aan die hand van ’n Islamitiese terroristegroep. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Somalië Bid dat Somaliese gelowiges in die aangesig van intense vervolging sterk en vol moed sal wees, in plaas daarvan om bevrees te wees. Mag hulle onthou dat die Here ons God met hulle is en dat Hy hulle nooit sal begewe of verlaat nie. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Mauritanië Huidige tendense in Mauritanië dui daarop dat die gevolge van verandering van geloof vererger het en dat die afvalligheid steeds ’n strafbare misdaad is. Bid dat God in die harte van die Mauritaanse regering sal werk om godsdienstige vryheid toe te laat. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Marokko Volgens ’n voormalige Salafist (Islamitiese fundamentalis), wat wonderbaarlik ’n volgeling van Jesus geword het, glo radikale Moslems dat hulle God dien en Hom meer as die meeste ander mense nastreef. Bid dat deur hulle soeke, hulle die ware en lewende God sal ontmoet en Hom sal leer ken. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Oesbekistan Tien Oesbekiese broers en susters is in hegtenis geneem tydens ’n geheime biduur. Hulle is daarvan beskuldig dat hulle onwettige vergaderings en byeenkomste gehou het en sal dalk ’n boete moet betaal. Bid dat hulle onskuldig bevind sal word in hul komende hofverhoor. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Egipte Weens ’n nuwe wet oor die konstruksie van kerke in Egipte, is daar ’n verwagting dat verdere staatsbeperkings en beheer oor die bou en herstel van kerke uitgeoefen sal word. Bid dat die kerk in Egipte sal bly groei ten spyte van hierdie nuwe wet. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |