Voorbidding: Oos-Afrika-eilande Te midde van vervolging is dissipelskap-opleiding van nuwe gelowiges ’n uitdaging, en daar is ’n risiko van valse leer. Bid asseblief vir die Heilige Gees om in die lewe van nuwe Christene te werk en dat leiers die waarheid in nederigheid en dapperheid aan hulle sal oordra. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Jemen Hongersnood is ’n realiteit vir soveel mense in Jemen, met baie wat nie weet waar hul volgende maaltyd vandaan gaan kom nie. Bid dat terwyl die oorlog voort woed, verbiedinge opgehef sal word sodat die wat voedsel nodig het dit sal kan kry. Bid ook vir God se genade in Jemen. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Indië Die hoeveelheid voorvalle van vervolging teen Christene in Indië neem elke maand toe. Sedert die begin van vanjaar tot April is 316 voorvalle van vervolging aangemeld. Bid vir Christene in Indië, veral vir die wat op ’n daaglikse basis vervolging ervaar. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Soedan Bid asseblief vir die kerk in Soedan waar die regering steeds voortgaan om kerkgeboue af te breek. Twee van die 27 geboue is reeds afgebreek. Bid dat die regering hul planne om kerkeiendomme af te breek en te konfiskeer, sal staak. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Indien daar van julle is wat by die Biltongfees was en foto's geneem het, stuur die graag vir ons dat ons dit op die blad kan share. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Viëtnam ’n Dorpsleier het in April in noordelike Viëtnam ’n bende gelei om die huise van vyf Hmong-families te vernietig. Hierdie Christen-families is geforseer om die dorpie te verlaat. Bid asseblief vir hierdie families se beskerming en voorsiening terwyl hulle vervolging ter wille van hul geloof verduur. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Eritrea Die Islam-geloof word tans in Eritrea versprei deur Moslems wat die armes ondersteun met werkgeleenthede, onderrig borg en ondersteuning bied aan professionele mense. Bid vir genade, wysheid en waagmoed vir die kerk om steeds die evangelie te versprei. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Nigerië Prys die Here vir die 82 Chibok-meisies wat op 6 Mei vanjaar deur Boko Haram vrygelaat is. Bid vir wysheid vir die Nigeriese regering in hul onderhandelinge, terwyl hulle voortgaan met samesprekings oor die vrylating van die res van die Chibok-meisies. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
*Lin Nguy, ’n 52-jarige voormalige polisieoffisier, het Christus in 2015 aangeneem. Sedertdien ervaar hy vervolging omdat die regering al sy vergoeding gestop het, insluitende ’n aansienlike toelaag omdat hy deel is van ’n familie van oorlogshelde. Bid dat hy in die geloof sal volhard ten spyte van die prys wat hy moet betaal. * Skuilnaam via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
*Lin Nguy, ’n 52-jarige voormalige polisieoffisier, het Christus in 2015 aangeneem. Sedertdien ervaar hy vervolging omdat die regering al sy vergoeding gestop het, insluitende ’n aansienlike toelaag omdat hy deel is van ’n familie van oorlogshelde. Bid dat hy in die geloof sal volhard ten spyte van die prys wat hy moet betaal. * Skuilnaam via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |