Voorbidding: Mali Baie Christene in Mali is intern ontwortel weens Islamitiese ekstremisme en verdrukking. Kerkleiers in die land is bekommerd dat Christene onder die konstante druk sal moed opgee en Islam aanneem. Bid vir goddelike krag vir Christene om die geloof te behou ten spyte van die gevaar wat hulle in die gesig staar. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Demokratiese Republiek van die Kongo Bid vir voorsiening en beskerming van Christene in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo. Hulle staar aanvalle deur die Geallieerde Demokratiese Weermag, ’n militante Islamitiese groep, in die gesig, en is geforseer om in veplasingskampe te gaan bly waar daar onvoldoende kos en skuiling is. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Libië Baie Christene worstel met bitterheid oor die wanorde wat tans in Libië heers. Die gevoel van onsekerheid en onveiligheid loop baie hoog. Bid dat God hierdie Christene sal versterk om die ander mense wat om hulle ly te bemoedig. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Pakistan Bid vir Christene in Pakistan, veral vir dié wat in die gevaar is om deur familie en bure aangekla te word van lastering teen Islam. Mag God hulle wysheid gee om die regte woorde te gebruik wanneer hulle met Moslems praat, veral oor godsdiens. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Irak Die “Shaldean”-kerk in Bagdad moes agt van hul kerke sluit weens mense wat die stad verlaat. Bid asseblief dat die wat steeds in Bagdad is, bemoedig sal wees en sterk in hul geloof sal bly, ten spyte van die huidige situasie. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Wes- en Sentraal-Afrika In hierdie gebied is vervolging van Christene deur die Hausa-Fulani- veewagters, ’n radikale Islamitiese stam, aan die orde van die dag. Bid dat die lig van God deur die donkerte in hul harte sal dring sodat die veewagters Hom as hul Verlosser sal leer ken. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Mianmar Vroeër vanjaar is 100 000 Christene gedwing om vanuit Mianmar te vlug weens vervolging. “Hulle het mense vermoor en mense tronk toe gestuur oor hul geloof,” het ’n Christen-vlugteling gesê. Bid vir God se beskerming en voorsiening aan Christene in Mianmar. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Katar Talle buitelandse werkers, insluitende Christene, is gereeld weg van hul families vir baie jare omdat hulle in Katar deur hul werknemers vasgekeer word. Bid vir die kinders van hierdie werkers wat gereeld sonder ’n vaderfiguur moet grootword. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Djiboeti In Djiboeti ervaar gelowiges vanuit ’n Moslem-agtergrond intense vervolging deur hul families, gemeenskappe en die godsdienstige leiers van die gemeenskap. Dit forseer hulle om ondergronds te bly. Bid vir krag vir hierdie gelowiges om in hul geloof te bly. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Tsjad Samuel is ’n Christen van suidelike Tsjad, wie se neef waarskynlik aan blindedermontsteking gesterf het. Die neef se familie blameer Samuel vir sy dood omdat hy hulle aangeraai het om hospitaal toe te gaan eerder as om te probeer om die geeste tevrede te stel. Hulle het al Samuel se besittings vernietig. Bid vir die Here se voorsiening en vir krag vir Samuel, sy vrou en agt kinders in hierdie tyd. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |