Onthou dat vanoggend se erediens reeds om 08:00 begin. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Afganistan Afganistan ervaar steeds geweld en onstabiliteit, veral nou met die verkiesings in 2018 en 2019 in die vooruitsig. Die klein Christen-gemeenskap is uiters kwesbaar te midde van al hierdie dinge – bid vir krag en volharding vir hulle. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Noord-Korea Noord-Korea is weer vanjaar boaan die Wêreldwaarnemingslys. Bid dat die land se leiers God sal leer ken, bid vir die beskerming van die Noord-Koreaanse kerk en dat genesing en herstel sal plaasvind in die land. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Indonesië Weens Islamitiese ekstemiste lyk Indonesië al hoe minder na ’n demokratiese land met ’n verdraagsame vorm van Islam. Bid dat te midde van dit alles, Christene in die land nie sal fokus op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Broenei Bid vir God se vars openbaring en krag vir geheime gelowiges in Broenei sodat hulle sal bly groei in die geloof. Bid dat hulle verseker sal wees dat die liggaam van Christus saam met hulle staan in gebed en liefde. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Daar is 'n gratis kaartjie beskikbaar vir Coenie de Villiers se show. Dis vir iemand wat hom wil hê of nie hul eie kan bekostig nie. Kontak gerus vir Kobus op 082 552 4790 via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Tadjikistan Verlede jaar is pastoor Bahrom Kholmatov tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis op valse aanklagte van ekstemisme. Hy is bereid om sy vonnis uit te dien ter wille van die naam van Christus. Bid vir sy emosionele en geestelike situasie, asook vir fisieke gesondheid gedurende sy tronkstraf. Bid ook vir krag vir sy familie. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Mali Talle sendingwerkers is in Mali ontvoer en word steeds, sedert die begin van verlede jaar, vermis. Bid vir God se volgehoue guns vir hierdie sendelinge, asook vir hulle families wat steeds wag vir hulle terugkoms. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Bahrein Hoewel Bahrein se grondwet voorsiening maak vir geloofsvryheid, mag geloofsoortuigings buiten Islam nie die gevestigde kultuur en gebruike skend nie. Christelike oortuigings word dus in werklikheid verban en evangelisasie is onwettig. Bid vir wysheid waar Christene die evangelie met hul naaste deel. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Colombië Geopende Deure lei vervolgde jongmense in Colombië op om in die aangesig van vervolging doeltreffende en sterk bedienings op te bou. Hierdeur kan hulle help om genesing te bring aan die samelewing. Bid dat deur hierdie opleiding meer jong Christene ’n godvresende invloed in hul gemeenskappe sal wees. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |