Voorbidding: Suidelike Filippyne In Marawi, suidelike Filippyne, is baie mense getraumatiseerd, veral ons broeders en susters wat in die konflik van verlede jaar as gyselaars aangehou is en familielede verloor het. Bid vir genesing vir hulle en vir die herstel van Marawi. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Sri Lanka Pastoor Jit*, ’n deelnemer aan die Standing Strong Through the Storm-opleiding in Sri Lanka, het 50 jongmense van sy kerk gestuur om ook hierdie opleiding by te woon. Bid dat deur hierdie opleiding, hulle bemoedig sal wees om te volhard in hul geloof, ongeag die omstandighede wat hulle in die gesig staar.(* Skuilnaam) via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Sirië In party gemeenskappe in Sirië is die kerk die enigste gesagstruktuur wat oorgebly het. Bid vir wysheid vir kerkleiers, namate gemeenskappe na hulle en die kerk kyk vir leiding via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Suidoos-Asië Moslems wat tot Christenskap bekeer, ervaar baie probleme om hul kinders as Christene groot te maak. Hulle moet hul kinders in publieke skole sit, waar hulle die Koran geleer word. Bid dat gedurende dié maand van vas, God vir hierdie kinders krag en wysheid sal gee, namate hulle dalk baie druk sal ervaar van ander Moslemkinders wat vas. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Oos- en Wes-Afrika Bid dat die oë van die blindes sal oopgaan gedurende Ramadan. En dat Moslems Jesus as die Koning van die konings sal sien, wat gekom het “om vir die gevangenis vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is” (Jesaja 61:1). via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Wêreldwyd Bid dat Jesus Homself sal openbaar in visioene en drome, terwyl hulle vas gedurende Ramadan. Bid ook vir die beskerming van Christene, omdat spanning baie hoër kan wees gedurende hierdie maand van vas. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Ethiopië In Ethiopië is vervolging algemeen in die familie- en gemeenskapskonteks. In baie gevalle word Christene hulpbronne van die gemeenskap geweier en ervaar hulle diskriminasie wanneer hulle werk soek. Bid dat die Here sal voorsien vir die vervolgde kerk in Ethiopië. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Kazakstan Bid vir diegene in Kazakstan wat geslaan en gevange geneem word omdat hulle Islam verlaat en na Christus draai. Bid dat hulle vrede en rus in Jesus sal ervaar, namate hulle hul geloof in hierdie moeilike omstandighede uitleef. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Libië Bid vir die groeiende kerk van gelowiges vanuit ’n Moslem-agtergrond in Libië, veral dié wat geïsoleerd is van ander gelowiges. Bid dat hulle God se teenwoordigheid sal ervaar en dat dié wat geïsoleerd is, ’n manier sal vind om veilig saam met ander Christene te aanbid. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Soedan Sjaria-wetgewing is die grondslag van Soedan se regstelsel. Christene word gereeld deur die regering gearresteer, geteister en verban. Bid asseblief dat die Soedannese regering meer verdraagsaam teenoor Christene sal wees. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |