Voorbidding: MAURITANIË In April het die nasionale vergadering van Mauritanië ’n wet teen geloofsversaking heringestel, wat druk op die kerk en nuwe gelowiges plaas. Bid vir krag en wysheid vir die Mauritaniese kerk om Christus uit te leef onder hierdie wetgewing. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: China China het ʼn nuwe stel reëls goedgekeur wat godsdienstige aangeleenthede reguleer. Die nuwe regulasies sluit in riglyne oor godsdienstige opvoeding, die tipe godsdienstige organisasies wat mag bestaan, waar dit mag bestaan, asook die aktiwiteite wat hulle mag aanbied. Bid asseblief vir die Chinese kerk namate hul nuwe reëls in werking kom. Bid vir wysheid en leiding vir kerkleiers om hul kudde te lei te midde van hierdie nuwe regulasies. Bid ook dat Chinese Christene getrou sal aanhou om die Here te volg. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Brooklyn-gemeente hou weer Biltongfees vanaand. Dit begin 18:30 vir 19:00. Ons sien julle daar!24/8/2018
Brooklyn-gemeente hou weer Biltongfees vanaand. Dit begin 18:30 vir 19:00. Ons sien julle daar! via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Vanaand se onderwerp by Dissipelskapkafee is "Walking with God in the desert". Een van die lesse van die DVD wat ons gaan kyk en bespreek, gaan oor Ps 23. Ds Maarten Van Helden sal spesifiekmet ons kom praat oor hierdie bekende Psalm in konteks van die woestyn lewe. Almal is baie welkom. Dis 19:00 in die saal. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Vanaand by dissipelskapkafee praat Riette Boersma met ons oor Merkwaardige vroue in die Bybel: Sara, Rebekka, Lea en Ragel. Kom kuier gerus saam... via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Bahrein In Bahrein word dit nie toegelaat om Sondagdienste in Arabies te vertaal nie, wat dit moeilik vir die kerk maak om te groei. Bid dat die Woord van God meer toeganklik sal wees vir Arabiessprekende gelowiges. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Viëtnam Prys die Here vir kragtige getuienis van ’n groep voormalige dwelmverslaafdes wat Jesus Christus as hul Here en Verlosser aanvaar het. Die groep het opleiding ontvang by die Galilee Bible School. Bid dat God sal voortgaan om dit wat hulle geleer het te gebruik om ’n positiewe impak te maak op die kerke waar hulle bedien. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Turkmenistan Die regering van Turkmenistan hou steeds vas aan gevaarlike sieninge oor godsdiens en oefen beheer uit oor godsdienstige instellings. Bid vir God se ingryping sodat daar godsdiensvryheid in die land sal wees. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Djiboeti Djiboeti se bevolking is 90% tot 95% Moslem. Die regering doen alles moontlik om te verseker dat Christene in die minderheid bly. Bid vir gelowiges om maniere te vind om in die geheim te aanbid en samesyn met ander gelowiges te hê en self die Evangelie met ander te deel. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Oman Terwyl daar ’n graad van godsdiensvryheid in Oman is, is Islam die staatsgodsdiens; as ’n pa byvoorbeeld Islam verlaat, word hy verbied om toesig oor sy kinders te kry. Bid vir Omane, en hul sultan, om hulleself tot die een ware Koning te keer. via Brooklyn-Gemeente https://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |