Voorbidding: Libanon Hou asseblief aan om vir die Libanese Kerk wat betrokke is by die ondersteuning van vlugtelinge te bid. Bid dat die kerk die vlugtelinge voortdurend, kragtig en dapper sal bedien. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
0 Comments
Voorbidding: Maleisië Die toenemende invloed van Wahhabi-Islam (’n godsdienstige beweging binne Soennie-Islam) takel die kultuur van verdraagsaamheid in Maleisië af, wat lei tot ekstremistiese gedrag in Moslems. Bid vir wysheid om te weet hoe om op hierdie ontwikkeling te reageer. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Noord-Korea Bid vir beskerming vir bedieningswerkers soos Minho, wat in sy sewentigs is en na dorpies in die Noord-Koreaanse grensgebied reis. Daar soek hy na Noord-Koreaanse vlugtelinge wat wegkruip, sodat hy die evangelie met hulle kan deel en hulle van praktiese ondersteuning voorsien. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Horing van Afrika Nadat voormalige Moslems, Hawa* en haar suster, Zulfa*, tot Christenskap bekeer het, het hul familie hulle verwerp en met niks gelos nie. Geopende Deure het hulle egter gehelp om hul eie besigheid te begin. Bid dat hulle geestelik sal bly groei, asook vir die goeie ontwikkeling van hul besigheid. (*Skuilname) via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Ivoorkus Bid vir die Here se voorsiening en genade vir Ivoriaanse Christene wat na die kantlyn geskuif word en diskriminasie in die gesig staar weens hul geloof. Mag hulle nie in die versoeking kom om Christus te verloën te midde van die toenemende druk nie. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Libanon ’n Leier van ’n plaaslike moskee het ’n Christen se huis besoek en ná talle besoeke en vrae, het hy sy lewe aan Christus gegee. Bid asseblief vir hom terwyl hy geestelike weerstand ervaar. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Voorbidding: Wêreldwyd Bid vir vervolgde Christene. Bid dat God hul geloof sal versterk in die jaar terwyl hulle voortgaan om vervolging in die gesig te staar. Mag Hy ’n lamp vir hul voete en ‘n lig vir hul pad in 2017 wees. via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
Bid saam met ons vir El Shaddai Swazi via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
GK Brooklyn Live via Brooklyn-Gemeente http://ift.tt/1WoUt56
|
Archives
November 2020
Categories |