Christiaan Swanepoel - God gee sy wapenrusting sodat jy staande kan bly teen die bose.
Ons kan deesdae net om ons rondkyk, en dink: wat gaan aan in die wêreld? ’n Mens besef dan vinnig dat ons nie in ’n samelewing leef wat God se Woord as waar en seker aanvaar nie. Om ons is die aanslae van die duiwel sterker as ooit, hy val ons aan in ’n stoeigeveg tot die dood. Toe Paulus sy brief aan die Efesiërs geskryf het, was hy bewus van die gevare wat die duiwel met sy slim streke vir gelowiges inhou. Hy het goed geweet dat dit nie maklik is om gehoorsaam aan die Here te bly nie. En daarom die opdrag: “...Soek julle krag in die Here en in sy groot mag”. Trek biddend die wapenrusting van God aan om staande te bly in geloof. Nie in eie krag nie, maar biddend in afhanklikheid van God. https://youtu.be/N0RCOPeCSUA
0 Comments
Fanie van der Schyff - Ons is ...
Ons is ... want HY is. Sê dit nie vir jou so geweldig baie nie? https://youtu.be/JqODInrtnmw
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-105
Die kosbare Woord van God: Filippense (2) https://youtu.be/_9wzY_uQoVM
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-104
Die kosbare Woord van God: Filippense (1) https://youtu.be/Zr2m4GxJ1_I
Jacques Tredoux - Oop of toe sonde?
Dink net hoe ‘n geloofsgemeenskap sal lyk waar ons oop kon wees oor ons sonde en tekortkominge... Vir meeste van ons is die ‘n vreesaanjaende idee en dit maak ons angstig! Baie van ons is al so goed om ons eie sonde te probeer toe maak, dat ons selfs nie eers na God wil gaan daarmee nie. Tog wys die Here vir ons ‘n ander pad hier in die Psalms. https://youtu.be/F_UyWX7_vZQ
Daniël Maritz - Liefde, Wedergeboorte en ons geloof in Jesus Christus
In hierdie 5 verse trek die apostel Johannes vir ons ʼn paar belangrike punte saam. Hy wys vir ons wat ons wedergeboorte, ons geloof in Christus en ons liefde vir mekaar in gemeen het. Dit is amper asof hierdie drie dinge, ons wedergeboorte, ons geloof in Christus en ons liefde vir mekaar soos ʼn ketting is. Daar is ʼn volgorde in hierdie dinge, en dit kan nooit heeltemal los van mekaar gemaak word nie. https://youtu.be/z1xT4zdb0oQ
Daniël Maritz - Die Verborgenheid van God, of die Verborgenheid van die mense
In die apologetiese debatte hoor mens dikwels vannuit die ateïstiese kamp dat God Homself verberg en dat sy bestaan daarom nie duidelik genoeg is nie. Sondagaand gaan ons hierdie so bietjie op sy kop keer en uitwys hoe die mens, beide gelowiges en ongelowiges eerder hulself verberg. Die vraag om daarom te vra is nie noodwendig of God Homself verberg nie, maar of ons as mense nie eerder onsself verberg op verskeie maniere nie. https://youtu.be/WDT8YdME5vI
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-103
Die kosbare Woord van God: Efesiërs (2) https://youtu.be/8nbprRn4tx0 |
Argief
June 2024
KATEGORIE |