Daniël Martiz - Van Krip tot Kroon: Jesus die Hoë-Priesterlike Gebed
Ons is besig met die reeks 'Van Krip tot Kroon' waar ons na die hoogtepunte in Jesus se bediening kyk. Die vorige keer het ons in die reeks gefokus op die reiniging van die tempel. Ons spandeer baie keer aandag aan Jesus se verhoor of Sy tyd in Getsemane, maar soms skeep ons Sy priesterlike gebed af. Daarom gaan ons fokus op die inhoud van hierdie geweldige gebed as 'n hoogtepunt in Jesus se bediening om te sien hoe dit op ons vandag van toepassing is. https://youtu.be/_DBGpS1ohmo
0 Comments
Jacques Tredoux - Skryf my pen ‘n skuldbrief?
Al weet ons dat ons soos die pen van ‘n vaardige skrywer moet wees, kry ons dit nie altyd reg nie. Die realiteit is dat ons baie verkeerde dinge doen en sê. Die Duiwel en die wêreld wil ons dan oortuig dat ons besig is om ‘n skuldbrief te skryf, eerder as ‘n mooi gedig. Dit is dalk so, maar daardie skuldbrief is saam Jesus aan die kruis gespyker! https://youtu.be/accDdCvlKIw
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-19
Ons Here Jesus in die boek 1 Samuel https://youtu.be/PjFrKoA612U
Fanie van der Schyff - Klankoordenking 12-18
Die kosbare Woord van God - 1 Samuel https://youtu.be/4YZdMxYuWCQ
Jacques Tredoux - Krip tot kroon: Jesus reinig die tempel
Jesus is pas as koning in Jerusalem aangekom. Wat die skare egter nie besef het nie, is dat Hy ‘n koninkryk kom vestig wat die bestaande godsdienstige sisteme totaal op sy kop draai. Wanneer Jesus die tempelterrein letterlik omkeer, wys hy daarmee hoe hy op ‘n dieper geestelike vlak ook ons verstaan van godsdiens wil omkeer... https://youtu.be/J-9VLP-oCKg
Fanie van der Schyff - Krip tot kroon: Jerusalem, o Jerusalem!
Ons Here Jesus sit op 'n donkie, oppad na Jerusalem. Toe Hy die stad voor Hom sien lê, het Hy begin huil. Hy is hartseer oor die stad se verhardheid om Hom te misken as Redder wat ware vrede bring. https://youtu.be/sZLwpU-cwSM |
Argief
June 2024
KATEGORIE |