Visie-kamp2012

Nou dat jy al ‘n entjie in die pad af is na skool weet jy bietjie meer as ’n 1stejaar waaroor die lewe eintlik gaan!!

Werk, klas, koshuis, in die huis bly, swot, kuier, Hatfield Square,verlief wees, uitmaak, onderskeidings, her-eksamens, deurnag, ingeneursweke, dinees, ...alles deel van jou lewe. Dol, aan die gang, deurmekaar, opwindend, uitdagend, ontnugterend, ontstellend, vervullend – al hierdie woorde sê iets oor die pad wat jy tot nou toe gestap het.

Hoe behou jy balans tussen al hierdie dinge!? Dalk besef jy dat jy ‘n eie Visie nodig het oor jouself en jou toekoms... dan is Visiekamp vir jou. Visiekamp is daar om jou te help om aan die begin van ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe begin te maak en jou kop en hart opnuut te fokus op God se plan vir jou. Saamgesels, ontspan, alleentyd, bid, sing en leer is alles deel hiervan.

Ons almal weet ons sukkel soms.... ons almal help mekaar. Nooi gerus vriende saam en kom kry weer Visie vir 2012!!

 

Griffel van Wyk  [012 362 0320 / 082 354 3726]

Brooklyn Gereformeerde Kerk

 

Kamp detail:

  • 14-18 Januarie 2012 (4 nagte)
  • Majuba-kampterrein naby Volksrust in Natal. (+- 300km vannaf Pta)
  • R530 alles ingesluit!! 
    • Tjekrekening :ABSA, Hatfield (takkode 335 545), Rekeningnommer: 214 064 2692. Maak tjeks asb. uit aan: “Juventus”
  • Ons ry saam-saam in ons eie karre. 4 per kar. Petrol word vir jou betaal.
    • Vertek 09:00 14 Jan 2011
    • Terug 16:00 18 Jan 2011
  • Eie beddegoed, eetgerei, Bybel, pen, notaboek, ou gemaklike skoene om te stap, muskietgoed...
  • Gaan loer op Facebook vir nog info en skryf dan in by www.gkbrooklyn.org.za

 

Skryf in