Beste 1ste jaar 2012

 

‘n Wonderlike nuwe lewe wag vir jou... studentwees!

 

Ons weet jy is lankal lus om uit die huis te kom en jou eie pad te stap?! Ons gaan jou die geleentheid gee. Ek weet daar is baie dinge oor jou studentwees wat jou opgewonde maak, maar ook sekerlik dinge waarvoor jy dalk skrikkerig is.

 

Ons gaan saam met jou op hierdie pad loop! Hierdie pad begin natuurlik met ‘n fantastiese eerstejaarskamp waar jy saam met ander studente van regoor Suid-Afrika ‘first contact’ gaan hê met senior studente en al die pret van studentwees. Jy gaan kans hê om jou vrae te vra oor jou nuwe koshuis, kommune lewe, studierigting en die technicon of universiteit.

 

Maar ons is ook daar om na die kamp die pad verder saam te stap omdat jy nuwe vriende gemaak het, die lekker kuier met gelowiges geniet en saam sal wil groei op jou pad met God. 

 

Ons sien daarna uit om jou op die kamp te ontmoet!

 

Griffel van Wyk

Brooklyn Gereformeerde Kerk

 

Wanneer:            Saterdag 21 Januarie 2012 – Vrydag 27 Januarie 2012

Kampterrein:      Kadesh Bernea naby Hartbeespoortdam.

Koste:                  Slegs R930

- Volle kampgeld wat insluit: 6 nagte verblyf  met 3 lekker etes per dag, vrugte en sap soveel jy wil, busvervoer, en nog hope pret @ R155/dag!

Vertrektyd:         Saterdag 21 Januarie 2012 om 11:30 (Kom asb reeds vanaf 10:00)

Benodigdhede:   Bybel,notaboek en pen, slaapsak, kussing, stel ou klere, swemklere, eetgerei, badsakkie en handoeke, hoed sonbrandroom, snacks , flits ens.

Vertrekpunt:       Kerkgebou Brooklyn Gereformeerde Kerk: Duxburyweg 174, Hillcrest, Pta.

Terugkoms:         Vrydag 27 Januarie 2012 om 14:00 by die kerkgebou.

Vervoer:              Busse vanaf en terug na die kerkgebou.

Sluitingsdatum:  17 Januarie 2012

Navrae:

Kerkkantoor    (012) 362 0069     E-pos: kantoor@gkbrooklyn.org.za
of
Griffel van Wyk 082 354 3726  of 1stejaarskamp@gkbrooklyn.org.za

Betalings en Bankbesonderhede:
ABSA Tjek Rekening
Rek naam: Juventus
Rek nr: 2140642692
Tak: Hatfield 632005

 

Vorms, registrasie en meer info oor die kamp en jou studentelewe beskikbaar by

www.gkbrooklyn.org.za

...en leer ken ook iets van die gemeente by

http://www.facebook.com/GKBrooklyn

Skryf in